“In Mei 1989 kontak die Intelligensiediens my. Ek is totaal en al onvoorbereid op die versoek.”
Kortliks
'n Lykswa, op pad na 'n begrafnis in Butterworth, het 'n voetganger doodgery.
Die lykswa het 'n kis vervoer en was onderweg na 'n begrafnis. #
Die Sowetan berig dat inwoners van ‘n informele nedersetting in Soweto sê die munisipaliteit het nog nie die toilette skoongemaak wat teen die einde van 2011 geïnstalleer is nie.
Millicent Kabwe, Johannesburg se woordvoerder van waterwese, ontken die bewerings. #
'n Boukontrakteur is 'n boete van R2 500 opgelê nadat hy in die Kruger Nasionale Park teen 'n hoë spoed gery het en minstens sewe rooibokke doodgery het.
Die bestuurder, wat nie 'n werknemer van die park is nie, het 'n vragmotor en sleepwaentjie wat aan die boukontrakteur Shivers Contracting Company behoort het bestuur. Die boukontrakteur is tans besig om werk in die park te doen.
Man beboet ná hy sewe rooibokke doodry
R2 500? #
Maurice Sendak, skrywer van die gewilde kinderboek Where the Wild Things Are is vandag oorlede in die ouderdom van 83. Sendak het onlangs 'n beroerte gehad en komplikasies hiervan het uiteindelik sy dood veroorsaak.
Sendak het omtrent al wat 'n boekprys is gewen in sy leeftyd.
#
Julius Malema is toegang tot die Thembu-koning, Buyelekhaya Dalindyebo, se paleis in Bumbane in die Oos-Kaap, geweier, het ‘n koerant berig.
Phumla Matshaya, woordvoerder vir die koning, het aan die koerant gesê Dalindyebo sal nie Malema ontvang nie, aangesien “Bambane nie ‘n oorlogsveld is om teen goedkoop politiek te veg nie.”
Koning wys Juju by paleis weg#
Adam Yauch, medestigter en rapper van die groep Beastie Boys, is in die ouderdom van 47 oorlede.
Hy het waarskynlik gesterf weens komplikasies van kanker waaraan hy al sedert 2009 ly. #
Verteenwoordigend van die verskeie kulture wat Suid Afrika so uniek maak, het die Drakensberg Seunskoor ’n nuwe tendens onder internasionale kore begin wat uitstyg bo konvensie. Die unieke en uiteenlopende styl, met vernuwende klanke gee die toon aan - vanaf gewyd tot sekulêr, klassiek tot populêr, jazz tot volksmusiek.
Hierdie seuns se entoesiasme en selfvertroue gryp gehore wêreldwyd aan. Die koor word internasionaal geprys vir sy unieke en energieke Afrika volksmusiek.
innibos 2012
Genre: Koor
80 minute
R82
Nelspruit Stadsteater, Nelspruit
1 Julie om 11:00
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za) #
Een van die bekendste skilderye in die kunswêreld, Edvard Munch se "The Scream," het pas die hoogste prys ooit vir 'n kunswerk op 'n veiling behaal.
Die skildery van 1895, 'n wêreldbekende simbool, is Woensdag by Sotheby's in New York vir $119,9 miljoen (sowat R930 miljoen) verkoop. Die prys sluit kommissie in.
Dié beeld van 'n man wat sy kop vashou en skree onder 'n rooi hemelruim is een van vier weergawes wat deur die Noorweegse kunstenaar geskilder is.
'The Scream' vir rekordbedrag verkoop#
Spektrum Kinderteater bied ‘n splinternuwe poppekas, Bazoo en die vermiste Spookpaddas, aan.
Dempies Dassie is nuwe hoofspeurder van Fynbosbuurt en sy eerste probleem is wat het geword van die spookpaddas? Hy roep die hulp in van Bazoo, die vriendelike skilpad en slimste inwoner van Fynbosbuurt. Tydens Speurder Dempies se ondersoek ontmoet die gehoor nog kleurvolle karakters van Fynbosbuurt, totdat die raaisel van die vermiste Spookpaddas opgelos word by Bazoo se verjaardagparty.
12 Mei, 10h00
Ou Meulteater, Paarl
Kaartjies: R45
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za #
Neo Muyanga se mitiese operette by die Kunstekaap Teater in Kaapstad vertel die verhaal van ‘n jong profeet, Addis Shembe, wie half-mens, half-goddelik gebore is.
Met: Neo Muyanga, Chuma Sopotela, Faniswa Yisa, die Jazzart Dansteater en ‘n kamerorkes.
Kaartjies kos R150.
2 tot 5 Mei 2012 #
Onlangse kommentaar