Piet Retief se bugermeester Andries Gamede, wat reeds ondersoek word weens bedrog, het R70 000 spandeer op ´n jaareindfunksie. Daar is dalk ook nog moeilikheid aan te kom vir Gamede.
Rebecca Malope is na bewering R27 900 aangebied vir ´n optrede by die partytjie, die verhoog is versier met blomme van sowat R800 en die tente vir die funksie het glo sowat R12 000 beloop. Gegewe die postuur van sommige soustreinpassasiers is die res spandeer op kos.
Uit sekere kringe word daar ook beweer dat Andries Gamede soms R20 000 per maand eis as ´n reistoelaag. Gamede en vier lede van die plaaslike distriksraad het ook glo sowat R200 000 spandeer in September vir ´n reis na China, glo ´n waarnemingstog.
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.