// jy lees ...

Aardig

Apartheid-dokter voor vir seksuele aanranding

Dr. Aubrey Levin, die voormalige hoof van psigiatrie in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria wat gay soldate met skokterapie tot heteroseksualiteit wou “genees”, staan tereg op tien aanklagte van die seksuele aanranding van manspasiënte in Kanada.

Die meeste van dié manspasiënte was gevangenes aan wie hy namens die Kanadese regering sielkundige berading gegee het. Die aanklagte teen hom is deur voormalige pasiënte ingedien. Sy regspan voer aan hy is te siek om verhoor te word.

Sy verhoor begin volgende week.


Bespreking

Geen kommentaar vir “Apartheid-dokter voor vir seksuele aanranding”

Gee jou mening