// jy lees ...

Aardig

Beste swart matrikulant werk ‘n huis los

Mandisa Nene woon saam met haar ma, ‘n huiswerker, en haar broer in ‘n modderhut in Umlazi, suid van Durban. Dit is egter nie meer lank voor die gesin ‘n huis van hul eie gaan kry nie.

Mandise was 2009 se beste swart matrikulant in KwaZulu-Natal. Ongeag van die haglike omstandigehede waarin sy woon het sy sewe onderskeidings behaal in haar eindeksamen. Hierdie prestasie het die aandag getrek van die plaaslike gemeenskap, wat haar nou ten volle gaan ondersteun op die pad vorentoe.

  • Die Ithala Ontwikkelingsbank gaan R85 000 bydra tot Mandise se graad in rekeningkunde.
  • Jeena’s Warehouse gaan die gesin elke maand van R1 000 se kruideniersware voorsien.
  • eThekwini Munisipaliteit gaan sorg dat die gesin ‘n ordentlike huis kry.

Dié dogter van Umlazi bied hoop vir talle leerders wat armoede leef en gereeld honger moet gaan slaap.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Die Huis van Bernarda Alba
  2. Die Huis van die digter en ander liefdesverhale
  3. Amor kry werk by Jacaranda
  4. Werk
  5. Werk vir niks

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site