// jy lees ...

Aardig

Bootjie na plastiekland

Na jare se beplanning gaan die Plastiki se nooiensvaart uiteindelik die maand aanbreek.

Die Plastiki is ‘n seiljag gebou van 12 000 2-liter plastiekbottels. Dit gaan met vier mense aan boord oor die Stille Oseaan vaar. Hulle begin in San Francisco, Amerika, en eindig in Sydney, Australië. Die doel is om die aandag te vestig op al die rommel wat in ons oseane ronddryf.

Die jag wek sy eie elektrisiteit op met sonpanele, windturbines en oefenfietse wat deur die bemanning gebruik word.

Die 18-meter jag het ook ‘n tuin waar die bemanning groente en kruie gaan plant, die komposterende toilet voed die tuin, terwyl die kajuit se dak reënwater opvang vir gebruik.

Die ontwerper van die boot, David de Rothschild, het geen ervaring van seiljagte nie, maar hy word gelukkig bygestaan deur ‘n ervare bemanning – onder andere twee afstammelinge van Thor Heyerdahl.

Plastiki

Plastiki (© The Plastiki)

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. ´n Bootjie vir Kammaland

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site