Carrie Prejean het vanjaar as Miss California USA 2009 deelgeneem aan die Miss USA 2009-kompetisie. Tydens die kompetisie is sy deur Perez Hilton gevra of sy voel dat Amerikaanse state moet toelaat dat paartjies van dieselfde geslag mag trou. Haar antwoord was nee.
Na afloop van die kompetisie het Prejean in ‘n advertensie vir die Amerikaanse National Organization for Marriage verskyn wat gemik is teen huwelike tussen dieselfde geslag. Sy het ook ‘n openlik Christelike maatskappy gehuur om haar beeld te poets.
Nou het daar ‘n semi-naakfoto van Prejean op die Internet verskyn, en waar anders as by PerezHilton.com . Dit is glo die eerste van baie.

Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.