Dit is weer daardie tyd van die jaar wat ons oornag verdwaal op pad na bekende plekke. Die minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, het 28 geografiese naamsveranderings goedgekeur.
Mafikeng in die Noordwes is gelukkig nie te moeilik nie. Die nuwe naam is Mahikeng. As jy dit vinnig sê sal niemand eers weet dis anders nie. Die probleem is dat dit al die derde keer is dat dié plek se naam verander.
In KwaZulu-Natal gaan jy ook nie sukkel nie, sit net ‘n e vooraan. Ntumeni is nou eNtumeni, Nyezane is eNyezane, Nyoni is eNyoni. Teza is wel eSitheza, maar dis ook nie te erg nie. Die La Mercy-lughawe in KwaZulu-Natal is wel nou die Koning Shaka-lughawe, maar bitter min mense weet van die plek, selfs dié wat daar werk verdwaal soms op pad werk toe. Ten minste sal die nuwe naam ‘n paar toeriste (onnodig) laat afdraai.
‘n Plek wat jy egter nie sommer binnekort weer sal vind nie is Piet Retief. Dit is nou eMkhondo.
Mens kan dit sê van die ou boere: hulle was gelukkig baie verbeeldingloos toe die naamsveranderingsgogga hulle gebyt het. Maak nie saak waar jy was in Suid-Afrika nie, solank jy jou in ‘n dorp se hoofstraat bevind het was die kanse goed jy het Voortrekkerstraat gevind.Related posts:
















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.