Diskoers by Aardklop

Die gesprekke en gesonde debatte word voortgesit, maar vanjaar word dit meer toeganklik gemaak deur dit weer soos in die verlede om 08:30 aan te bied (met koffie en beskuit ingesluit as ’n bonus).

Buiten vir die geleentheid om te luister na kundiges wat gesels oor aktuele sake sal gehoorlede ook ’n kans kry om deel
te neem deur vrae te vra. Die oorkoepelende tema van vanjaar se Diskoers-reeks is identiteit in die hedendaagse Suid-Afrika. Die vraag is of dit nie te eng binne groepsverband gedefinieer word nie.

Die vier onderskeie gesprek-ke sal feesgangers uitdaag om met nuwe oë na dié onderwerp te kyk.

Aardklop 2011

Rapport Boeke-oase, Potchefstroom – 90 min. – Gratis.
5 tot 8 Oktober – 08:30

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar