// jy lees ...

Aardig

Facebook vat jou e-posadres – vat dit terug

Facebook het oor die naweek jou e-posadres verander. Hulle het jou e-posadres op jou profiel vervang met ‘n facebook.com-adres.

Dit staan jou vry om die e-posadres terug te verander na jou eie e-posadres.

So maak mens:

1. Klik op jou naam regs boaan die blad.
2. Klik nou op die “About” op jou profielblad.
3. Beweeg jou muis af tot by “Contact Info”. Klik op “Edit”.
4. Klik op die sirkel langs die Facebook e-posadres en verander dit na “Hidden From Timeline”.
5. Klik op die sirkel langs jou e-posadres en verander dit na “Shown On Timeline”.
6. Klik op die “Save” aan die onderkant van die vorm!


Bespreking

Geen kommentaar vir “Facebook vat jou e-posadres – vat dit terug”

Gee jou mening