// jy lees ...

Aardig

Groot probleme met matriekuitslae

AfriForum se jeugkantoor word vandag oorval met klagtes van matrikulante van regoor die land wat nie hulle matriekuitslae ontvang het nie, ten spyte van die feit dat die departement van basiese onderwys die versekering gegee het dat alle matriekuitslae vandag uitgereik sal word.

Volgens die klagtes wat ontvang word, is daar ten minste honderde matrikulante wat nie vandag hulle uitslae ontvang het nie. Baie matrikulante kla ook dat hulle hierdie saak met die departement van Basiese Onderwys opgeneem het, maar dat dié vir hulle gesê het dat hulle eksamennommers “nie bestaan nie”. Die meeste van die klagtes is vanuit Mpumalanga en Limpopo ontvang.

In die reaksie hierop stuur AfriForum Jeug vandag ’n omvattende veldtog van stapel om alle benadeelde matrikulante by te staan. ’n Dringende brief is vandag aan die minister van Basiese Onderwys, me Angie Motshekga, gerig om haar omtrent die probleme in te lig.

AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, Ernst Roets, het die toedrag van sake as ’n skande beskryf. “Dit is tragies dat ʼn nie-regeringsorganisasie die departement van Basiese Onderwys moet inlig omtrent hulle eie onvermoë om hulle basiese funksies te verrig. Om iemand se matriekuitslae te weerhou, is nie gewone ‘swak dienslewering’ nie. Mense se lewens kan daardeur vernietig word,” het hy bygevoeg.

Gedurende 2009 het AfriForum Jeug met verskeie matrikulante wie se uitslae nie ontvang is nie, gepraat. Hulle het vertel dat hulle afgekeur is vir werksgeleenthede, beurse en tersiêre studies en dat hulle gevolglik deur die departement se wanadministrasie uit die arbeidsmark en verdere onderwysgeleenthede geforseer is.

AfriForum Jeug is tans besig om al die klagtes te verwerk. Die inligting sal in ’n verslag saamgevat word en per hand by die departement van Basiese Onderwys ingedien word.

In 2009 kon AfriForum Jeug daarin slaag om al die matrikulante wat hulle om hulp genader het, suksesvol by te staan, en is van voornemens om vanjaar dieselfde te doen.

- Matrikulante wat probleme met hulle uitslae ervaar, kan hulle inligting op www.afriforumjeug.co.za invul.

* In Emdeni, Soweto het ‘n matriekleerder van die Hoërskool Thomas Mofolo haarself gehang, waarskynlik omdat sy nie matriek geslaag het nie.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Hulp aan matrieks wat nie uitslae kry nie
  2. Jong slimkoppe gaan landuit weens growwe rassediskriminasie
  3. Oproep om Nestlé te boikot oor “bloedmelk”
  4. “Bleek” studente wil “African” wees
  5. AfriForum en Zuma praat oor misdaad

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. ek en my dogter het altwee ons matriek geskryf in 2009 in limpopo, en nog geen uitslae ontvang nie, wat gese het dat ons eksamennommers ook glad nie bestaan nie, maar ons het wel die vraestelle geskryf tussen n klomp swartes, omdat dit vir ons belangrik is,

    Geskryf deur elize | 18 Julie 2010, 14:46
  2. My dogter het matriek in weskaap geskryf by ‘n skool. Sy het tuisonderrig gekry. Sy het nooit haar uitslae gekry nie. Na ‘n klomp e-posse en oproepe word gese dat al haar werk weggeraak het of sy het nooit haar werk gedoen of ingestuur nie. Sy moet haar matriek oordoen. Ons weier dat sy haar matriek oordoen. In Julie word ons gebel en gevra in watter skool het sy matriek geskryf en nogsteeds het ons niks ontvang of uitsluitsel oor die saak nie. Die onderwys departement van die weskaap wil nie meer met ons praat wanneer ons hul kontak nie.

    Geskryf deur Esme | 4 Augustus 2010, 07:57

Switch to our mobile site