// jy lees ...

Aardig

Hoe lekker lyk sy vir my

Die eerste menslike kannibale het mekaar geëet vir ekstra voeding.

Die spesie Homo antecessor is van die eerste menslike kannibale waarvan ons weet en verwant aan die moderne mens. Kompeterende groepe het mekaar gesien as ’n bron van voedsel en niks meer nie. Dit is die bevinding van ’n studie wat verlede jaar in Current Anthropology gepubliseer is.

Die merke wat op die menslike oorblyfsels gevind is stem ooreen met die op die oorblyfsels van die diere wat op dieselfde plek weggegooi is. Dié en ander bewyse het bevestig dat hulle mense net soos diere geslag het.


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.