Parys het verlede week die eerste restaurant gekry waar kliënte gevra word om hul klere by die deur te los.
Kaal loop is nie iets vreemd vir die Franse nie. Frankryk het verskeie nudistestrande, kampeerterreine vir nudiste en swembaddens waar swembroeke opsioneel is. O’Naturel is die eerste nudisterestaurant in die land.
[nudisterestaurant – nuutskepping – jy het dit eerste hier gelees]
O’Naturel het plek vir 40 kliënte en ’n maaltyd kos in die omgewing van R500 per persoon.
Londen, vreemd genoeg, het alreeds verlede jaar ’n pop-up nudisterestaurant, Bunyadi, gehad. Die restaurant gaan waarskynlik in die feestyd weer oop wees.
Nou wag ons net vir een in Parys, Vrystaat.
