// jy lees ...

Aardig

‘n Dronk taxibestuurder met te veel kinders

‘n Taxibestuurder is in hegtenis geneem ná daar vermoed is sy minibus met 16 sitplekke het te veel passasiers.

Daar was 49 skoolkinders in die taxi tussen Mooirivier en Estcourt in KwaZulu-Natal. Hulle was so styf ingepak dat hulle nie eens kon beweeg nie.

Om alles te kroon was die alkoholvlak in die taxibestuurder se bloed vyf keer meer as die wettige limiet.

Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het glo taxi-operateurs gewaarsku dat daar strenger teen hulle opgetree gaan word.

‘n Dronk taxibestuurder met 49 kinders in ‘n 16 sitplek voertuig – die tyd van waarsku is dalk lankal verby.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Dronk Kovsies in ongeluk
  2. Dronk man in tuimeldroër
  3. Raadslid molesteer glo kinders
  4. Kinders brand dood in kinderhuis
  5. Register van onderwysers wat kinders molesteer

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site