Neil Armstrong, die eerste mens wat voet op die maan gesit het, is Saterdag oorlede in die ouderdom van 82 jaar.
Armstrong is dood weens komplikasies na ‘n hartoperasie ‘n paar weke gelede.
Armstrong was die bevelvoerder van die Apollo 11 ruimtetuig wat op 20 Julie 1969 op die maan geland het. Hy en Edwin “Buzz” Aldrin het vir byna drie ure op die maan geloop.
Armstrong was ook deel van die eerste koppeling tussen twee ruimtetuie tydens die Gemini 8 sending saam met David Scott. Die Gemini 8 moes ook die eerste noodlanding van ‘n ruimtetuig in die water maak na wat waarskynlik ‘n kortsluiting was. Die twee ruimtevaarders het amper hulle bewussyn verloor toe hulle tuig op ‘n stadium teen een revolusie per sekonde getol het. Dit het Armstrong egter nie weerhou daarvan om deel te wees van die Apollo-program nie.
Neil Armstrong se eerste woorde op die maan was “That’s one small step for (a) man, one giant leap for mankind”.




Bespreking
Geen kommentaar vir “Neil Armstrong oorlede”