‘n Klomp seuns van Suid-Afrika het gisteraand teen ‘n groep jong mans van Namibië sokker gespeel.
Almal het vas geglo die seuns uit Suid-Afrika gaan maklik wen, maar niemand het dit vir die brawe ouens uit die woestyn vertel nie. ‘n Klomp fris Duitse klonge ondersteun deur mannetjies met vanne soos Pienaar, Bester, Isaacks, Jacobs, Louw, Plaatjies, Botes en Seibeb wou niks weet van verloor nie. Die uitslag was gelykop met 1 doel elk.
Die klomp outjies uit die suide se afrigter, Carlos Parra, wou niks weet van sy spannetjie se flou vertoning nie. Hy gaan hulle nou in Brasilië wysmaak, dan sal hulle glo die wêreldbeker kan wen.
Dalk moet Carlos eerder op die Kaapse Vlakte gaan loer vir plaasvervangers, daar is baie outjies met vanne soos Jacobs, Plaatjies, Pienaar en nog ‘n paar ander.
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.