Nuwe navorsing het bevind dat groen seeskilpaaie op die Groot Koraalrif by Australië omtrent net wyfies voortbring.

Die rede is oseane wat verwarm. Om die kolonie se kanse op oorlewing te verbeter is meeste kleintjies nou wyfies. Die geslag van die skilpadjies word bepaal deur die temperatuur van die sand waarin die eiers gelê word.

Die sand in die omgewing van Australië se Groot Koraalrif het sodanig verwarm die afgelope 20 jaar dat omtrent net wyfies tans in die omgewing gebore word. Omtrent 99,1% is nou wyfies. Op die oog af help dit die seeskilpaaie. Die probleem is klimaatsverandering vind vinniger plaas as wat die skilpaaie kan aanpas.

Seeskilpaaie is van die oudste lewende wesens in die oseane en het deur evolusie geleer hoe om aan te pas by klimaatsverandering.

Die bevindings van die studie is gepubliseer in die joernaal Current Biology.

Seeskilpaaie se geslag besig om te verander het oorspronklik verskyn by Troetel.

Groen seeskilpad
foto: Groen seeskilpad. Michael Jensen/NOAA Fisheries

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar