// jy lees ...

Aardig

Seks en godsdiens

Wat het seks en godsdiens nou eintlik met mekaar te doen? Dit is Prof. Christina Landman se nuwe vraag aan ons.


Prof. Landman het verlede week die vraag gevra op Punt Radio. Porf. Landman het ook gepraat oor die hele herrie wat om haar kop losgebrand het. Sy het dit toegeskryf aan sekere persone in die NG Kerk wat haar uitsprake buite verband ruk. Dit het alles begin met haar toespraak in Bloemfontein toe sy verwys het na mans wat hul goed opgevoede vroue ´n dom doos noem. Daarna was dit haar oproep vir die bemagtiging van die vrou in die kerk en toe volg die opstand oor haar voorspraak vir die mens om verantwoordelikheid te aanvaar vir sy/haar eie seksualiteit.

Dalk is die probleem dat Christene, veral in Suid-Afrika, nie debatte kan voer nie. Godsdiens in Suid-Afrika bestaan uit los versies wat na sogenaamde oortreders van Christelike norme geslinger word. Die ou ding van onverdraagsaamheid voer nog steeds hooggety hier.


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.