Na die bekendstelling in Suid Afrika, het Google verskeie voorstelle van bestemmings en toeriste aanloklikhede ontvang wat die mense van Suid Afrika wil toevoeg op Google Street View. Foto’s word tans versamel vir Street View, maar sommige plekke soos historiese monumente en landskappe kan nie deur voertuie bereik word nie.
Hiervoor is die Google Trike ontwerp, ‘n meganiese meesterstuk, bestaande uit drie fietswiele en Street View-kameras gemonteer op die driewiel , asook ‘n baie fikse fietsryer in unieke Google kleredrag. Die Google Trike is spoedig op pad na Suid Afrika toe om oorspronklike foto’s te neem.
Google vra jou hulp om te stem vir jou gunsteling bestemmings wat deur die Google Trikes besoek sal word. In samewerking met Toerisme Suid-Afrika en hul ongelooflike kennis van die land, is hulle besig om ‘n kortlys van die land se beste bestemmings op te stel.
Die katagorieë is: sport, natuur en landskap, geskiedenis en erfenis. Daar sal slegs ‘n beperkte tyd wees om te stem, en die publiek sal in kennis gestel word van die top drie bestemmings wat Google Trike eerste sal besoek. Fotomateriaal word slegs vanaf openbare paaie versame , maar deur noue samewerking met verskeie organisasies word materiaal van private bestemmings ook versamel.
Stem nou vir jou gunsteling bestemming vir Google Street View
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.