Kieslys

Close


*/

20 Februarie
2006
Aardig
903 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Sukses Deel II : Selfbeeld

deur Gerhard Strydom

Wat is ‘n selfbeeld? Presies wat die woord sê. Dit is ‘n beeld wat jy van jouself in jou gedagtes het. M.a.w. hoe jy jou projekteer aan ander mense en wat jy van jouself dink.

Ons word nie gebore met ‘n slegte selfbeeld nie. Die mens is geskep om suksesvol te wees en almal word gebore met ‘n goeie selfbeeld. Dit is invloede van die dag van ons geboorte wat ons selfbeeld in die latere lewe bepaal.

Indien ‘n kind met ‘n klomp negatiewe faktore grootword soos gespot op skool deur ander kinders of swak huislike omstandighede kan dit so ‘n persoon as volwassene se selfbeeld so beïnvloed dat hy minderwaardig voel en gevolglik ly aan ‘n swak selfbeeld. Hy of sy sal nooit in die lewe kan presteer of suksesvol wees nie.

Wat kan ons doen om dit te verander? Gaan identifiseer wat dit is wat jou minderwaardig laat voel. M.a.w. wat veroorsaak jou swak selfbeeld? Skryf dit neer. Nou gaan maak jy ‘n tweede lysie soos jy jou graag wil sien as ‘n suksesvolle persoon. Skep ‘n prentjie in jou gedagtes van jouself as suksesvol. Trek mooi klere aan, betaal jou huis af, spandeer die ekstra geld op iets waarmee jy jouself kan bederf. Gaan hou vakansie op ‘n eksotiese plek. Betaal die kinders se studies kontant ens.

Dit moet jy ten minste een keer per dag doen vir omrent 5 of 10 minute. Jy kan dit ook ‘n paar keer per dag doen vir korter periodes (1 to 2 minute).

Waarmee is ons nou besig? Om te droom? Onthou drome = doelwitte = SUKSES.

Jy is besig om die negatiewe invloede in jou lewe te vervang met positiewe gedagtes. Positiewe gedagtes alleen beteken vir jou niks indien jy nie vir jou spesifieke DOELWITTE gaan stel nie.

Jou doelwitte moet ook dan volgens spesifieke metodes beplan word om uiteindelik werklikheid te word. Jy moet ook spesifieke take daaraan koppel wat daagliks afgehandel moet word om sodoende jou doelwitte te bereik. Stel vir jou kleiner doelwitte op om mee te begin wat makliker bereikbaar is en sodoende bou jy vir jou ‘n goeie selfbeeld op deur kleiner susksesse wat lei tot groter suksesse.

Sukses Deel III

Sukses Deel I




3 Opinies:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Aardig
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
27 November 2010
Aardig
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
08 November 2012
Aardig
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
15 November 2005
Aardig
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Aardig
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

gentoonofb
2017-04-27 12:54:19
___123___Beelde in installasies | Roekeloos___123___...
Hemelruim in die Fugard | Roekeloos
2017-04-25 08:09:08
[…] loopbaan sluit in Christiaan Olwagen se Dogma, Die Rebellie van Lafras Verwey, Die Kersieb...
Hemelruim in die Fugard | Roekeloos
2017-04-25 08:08:50
[…] pryse vir Hemelruim, sluit Tinarie van Wyk Loots se toekennings in die Kanna vir Beste Akt...

Advertensie