// jy lees ...

Aardig

Wat verdien die president?

Al ooit gewonder wat verdien die Suid-Afrikaanse president, ministers en ander parlementslede?

So lyk die pakette vir 2009 / 2010

Jacob Zuma

Jacob Zuma

President
• Jaarlikse salaris: R2 040 780
• Korporatiewe kredietkaart
• Staatsbegrafnis met volle militêre eerbetoon
• Presidentiële gastehuis
• Volle salaris vir die res van sy lewe nadat hy die amp neerlê
• Veiligheidswagte vir die res van sy lewe nadat hy die amp neerlê
• R1,3 miljoen bydrae tot mediese fonds
• Gemeubeleerde verblyf in Kaapstad en Pretoria
• Skoonmaakdienste en onderhoud vir die wonings in Kaapstad en Pretoria
• R3 miljoen vir twee motors in Kaapstad en Pretoria
• Daaglikse reistoelae vir fooitjies, kamerdiens, leesmateriaal en verversings

Adjunk-president
• Jaarlikse salaris: R1 836 745
• Korporatiewe kredietkaart
• Staatsbegrafnis met volle militêre eerbetoon
• Volle salaris vir die res van sy lewe nadat hy die amp neerlê
• Veiligheidswagte vir die res van sy lewe nadat hy die amp neerlê
• R1,3 miljoen bydrae tot mediese fonds
• Gemeubeleerde verblyf in Kaapstad en Pretoria
• Skoonmaakdienste en onderhoud vir die wonings in Kaapstad en Pretoria
• R3 miljoen vir twee motors in Kaapstad en Pretoria

Ministers
• Jaarlikse salaris: R1 561 223
• ‘n Huis waarvoor nie huur betaal word nie in Pretoria of Kaapstad
• Huiswerker
• Korporatiewe kredietkaart
• Twee amptelike motors in Kaapstad en Pretoria ter waarde van R1 miljoen elk
• Gratis regeringsvervoer vir eggenotes en afhanklikes
• 30 eersteklas vliegkaartjies vir die minister en eggenote om te gebruik soos hulle goeddink
• Eersteklas vliegkaartjies vir amptelike besoeke
• Ses ekonomiese klas vliegkaartjies jaarliks vir kinders
• Eggenote kan die minster vergesel op amptelike besoeke en dieselfde voordele geniet
• Gebruik van vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugmag
• Gratis reis op die Blou Trein
• Gebruik van die BBP-sitkamers op lughawens
• Privaat kantoor met 10 personeellede, insluitende vier sekretaresses
• Amptelike begrafnis
• Sekuriteit ter waarde van R100 000 ‘n jaar by privaatwoning
• Gratis telefoon en Internet dienste

Adjunk-ministers
• Jaarlikse salaris: R1 285 700
• ‘n Huis waarvoor nie huur betaal word nie in Pretoria of Kaapstad
• Huiswerker
• Korporatiewe kredietkaart
• Twee amptelike motors in Kaapstad en Pretoria ter waarde van R1 miljoen elk
• Gratis regeringsvervoer vir eggenotes en afhanklikes
• 30 eersteklas vliegkaartjies vir die minister en eggenote
• Ses ekonomiese klas vliegkaartjies jaarliks vir kinders
• Eggenote mag die adjunk-minister vergesel op amptelike besoeke
• Gebruik van vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugmag
• Gratis reis op die Blou Trein
• Gebruik van die BBP-sitkamers op lughawens
• Amptelike begrafnis
• Privaat kantoor met 6 personeellede, insluitende twee sekretaresses

Parlementslede
• Jaarlikse salaris: R692 085 tot R1 836 745
• Twee-derdes bydrae tot mediese fonds
• 54,5% bydrae tot pensioenfonds
• Motortoelaag tot R204 532 per jaar
• Herplasing onkoste na Kaapstad
• Reiskoste van enige kinders op universiteit en twee huiswerkers
• Telefoononkoste tot R3 553 per maand
• 78 enkel vliegkaartjies in ekonomiese klas
• 12 vliegkaartjies vir kinders
• Skootrekenaar en drukker
• Lewensversekering

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. President Jacob Zuma se Eerste 100 Dae
  2. Google op SA paaie
  3. Aanlyn kaartjies vir dié berg
  4. Digter moet president betaal
  5. Opheffingsgeld word nie uitbetaal nie

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. genugtig…ek het die verkeerde kursus geswot…

    Geskryf deur Johan Swarts | 12 November 2009, 08:00
  2. Genugtig, geen wonder ons land gaan al hoe meer agteruit nie. As hy sy amp neerle kry hy nog steeds sy volle salaris dus as daar dan ‘n nuwe president aangestel word betaal “ons” vir twee presidente en so sal dit aangaan tot een van hulle doodgaan. Maar by dié tyd is daar al weer aangestel. Ons sal nooit voorkom nie. Wat maak hy in elk geval met R170 000 per maar salaris as hy ALLES gratis kry? As hy nog iets vir die land gedoen het sal ek daarmee saam gestem het dat hy dié salaris verdien, maar glo my hulle sit agteroor en dink net maniere uit om nog meer geld in hulle sakke te kry!!!

    Geskryf deur Tina Mey | 16 November 2009, 08:18
  3. Mens verwonder jou net altyd wie hierdie buiten sporige salarisse en voordele uitdink en deurvoer.
    As Spesialiste, Ingenieurs, Wetenskaplikes Dokters ens groot salarisse verdien verstaan ek nog…maar Ministers en Parlementslede…genade nee.. Dis n skande.Meeste van die tyd sit en raas hulle net of praat die grootste hoop twak denkbaar

    Geskryf deur Willem | 16 November 2009, 08:50

Switch to our mobile site