Kortliks:
Totsiens vet en suikersiekte
(23/03/2007) Wetenskaplikes van die Top Institute Food and Nutrition (TIFN), met ondersteuning van die Nederlandse regering en maatskappye soos CSM Anglo-Dutch Unilever, ontwikkel tans voedsel wat swaarlywigheid sal help voorkom en diegene wat reeds baie vet is sal help om nie suikersiekte te ontwikkel nie.
Kortliks:
Studente blaas geld op partytjies
(18/03/2007) Die Sunday Times berig dat die studenteraad van die Universiteit van Zoeloeland R900 000 van hul R1,4 miljoen begroting op vermaak en spyseniering spandeer het.
Kortliks:
Jesus se graf gevind
(16/03/2007) ’n Statistikus van die Universiteit van Toronto, Andrey Feuerverger, is deur die vervaardigers van die dokumentêr The Lost Tomb of Jesus gehuur om te bepaal wat die moontlikheid is dat die Talpiot-graf die laaste rusplek van Jesus is. Die graf bevat afsonderlike houers met bene gemerk Jesus, Matteus, Maria en Josef. Feuerverger het bepaal dat daar ’n 1 uit 600 kans is dat dit wel die graf van Jesus is.
Daar is ook na forensiese data gekyk om uit te vind of dit wel die rusplek van Jesus is.
Kortliks:
Warmste Winter
(16/03/2007) Volgens die Amerikaanse National Oceanic and Atmospheric Administration was die vorige winter die warmste in die geskiedenis van die mens.
Kortliks:
Seks in die skool
(16/03/2007) Twee leerders van die Mandisa Shiceka Sekondêre Skool in Kagiso, Krugersdorp, het seks gehad op ’n skoolbank in ’n skoolgang ten aanskoue van die ander kinders.

Skaak in Brakpan
Kortliks:
Mandoza aangekla
(14/03/2006) Die kwaito musiekster Mandoza moet binnekort weer in die hof verskyn nadat daar Maandag ’n amptelike klag van aanranding teen hom gelê is by die Kliptown-polisiestasie. Die man beweer Mandoza het hom by sy woonstel in Randburg aangerand kort nadat hulle vanaf ’n nagklub gekom het.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.
© 2006 Roekeloos.co.za Navrae Die maatskappy
Nuwe voorblad en inhoud elke Maandag. Ekstra inhoud elke Donderdag.
Alle regte voorbehou!