Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

Argief

Die een se dood ...

Boerq

... is die ander se brood. Dit kan 'n mens oral waarneem. Eerstens in die natuur - waar dit letterlik daarop neerkom, en dan ook in ons samelewing en ook werksomstandighede. Dit is een van daai "dit is nie fair nie ek byt moeilik daaraan dis te erg" - feite van die lewe.

Maar nou wil ek weet waar vegetariŽrs uit die bus uitval? Ek was een aand onbewus van die feit dat ek saam met 'n vegetariŽr aan tafel sit. Ek het gesien die persoon (dame) eet nie vleis nie. Ek haak toe sommer heel ligsinnig af: "If you're a vegetarian because you like animals, then why are you eating their food?" Waarop ek toe besef dat 3 van die ander 4 persone aan tafel (2 ouens en 2 vrouens) ook vegetariŽrs is, en ek is out-numbered. Die enigste ander vleisvreter lyk asof hy wil weghol. Ek moes geweet het toe ek hul skarlaken-wit, amoeba-agtige velletjies gesien het - doh!

Sooooo debateer ons maar verder en gaan draai by jag en by die skaap op die trok - aaaaaagh dieselfde argument alweer wat ek al telke male oor geargumenteer het. Ek gee die vegetariŽrs toe maar die oorwinning- "Sometimes the best way to win an argument, is to lose it" - ek koester hierdie woorde.

Laaaaaaater gaan draai die gesprek by babetjies hÍ en alles wat daarmee gepaard gaan (no pun intended!). Die een vegetariese vroutjie haak toe af: "I'll never wash a nappy in my life!" Waarop ek toe met haar begin stry oor hoekom sy so natuurbewus is dat sy nie wil vleis eet nie, maar dat sy nie gepla is dat sy in haar baba se eerste 3 jaar sowat 6570 chemikaliee-belaaide, nie-biodegradable weggooidoeke op Moeder Natuur se stoep gaan los nie! Dis my gat se deksel. (Een weggooidoek vat sowat 500 jaar om volkome te bio-degradeer). Jy het mos 'n wasmasjien by die huis - was die goed, dit sal jou baie goedkoper ook uitwerk. As jy gaan reis - gebruik dŠn weggooidoeke. Maar nee - die konsep sink nie lekker in nie, en aangesien ek en sy nie 'n baba saam het nie, los ek toe maar die argument vir haar om oor te dink - terwyl ek my vriend kombuis toe nooi vir 'n dop. Laaste sien van die blikkantien, he!

Lees meer by www.boerq.blogspot.com

  

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

© 2006 Roekeloos.co.za   Navrae   Die maatskappy
Nuwe voorblad en inhoud elke Maandag. Ekstra inhoud elke Donderdag.
Alle regte voorbehou!