Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

Sukses Deel II : Selfbeeld

Gerhard Strydom

Wat is 'n selfbeeld? Presies wat die woord sę. Dit is 'n beeld wat jy van jouself in jou gedagtes het. M.a.w. hoe jy jou projekteer aan ander mense en wat jy van jouself dink.

Ons word nie gebore met 'n slegte selfbeeld nie. Die mens is geskep om suksesvol te wees en almal word gebore met 'n goeie selfbeeld. Dit is invloede van die dag van ons geboorte wat ons selfbeeld in die latere lewe bepaal.

Indien 'n kind met 'n klomp negatiewe faktore grootword soos gespot op skool deur ander kinders of swak huislike omstandighede kan dit so 'n persoon as volwassene se selfbeeld so beīnvloed dat hy minderwaardig voel en gevolglik ly aan 'n swak selfbeeld. Hy of sy sal nooit in die lewe kan presteer of suksesvol wees nie.

Wat kan ons doen om dit te verander? Gaan identifiseer wat dit is wat jou minderwaardig laat voel. M.a.w. wat veroorsaak jou swak selfbeeld? Skryf dit neer. Nou gaan maak jy 'n tweede lysie soos jy jou graag wil sien as 'n suksesvolle persoon. Skep 'n prentjie in jou gedagtes van jouself as suksesvol. Trek mooi klere aan, betaal jou huis af, spandeer die ekstra geld op iets waarmee jy jouself kan bederf. Gaan hou vakansie op 'n eksotiese plek. Betaal die kinders se studies kontant ens.

Dit moet jy ten minste een keer per dag doen vir omrent 5 of 10 minute. Jy kan dit ook 'n paar keer per dag doen vir korter periodes (1 to 2 minute).

Waarmee is ons nou besig? Om te droom? Onthou drome = doelwitte = SUKSES.

Jy is besig om die negatiewe invloede in jou lewe te vervang met positiewe gedagtes. Positiewe gedagtes alleen beteken vir jou niks indien jy nie vir jou spesifieke DOELWITTE gaan stel nie. Jou doelwitte moet ook dan volgens spesifieke metodes beplan word om uiteindelik werklikheid te word. Jy moet ook spesifieke take daaraan koppel wat daagliks afgehandel moet word om sodoende jou doelwitte te bereik. Stel vir jou kleiner doelwitte op om mee te begin wat makliker bereikbaar is en sodoende bou jy vir jou 'n goeie selfbeeld op deur kleiner susksesse wat lei tot groter suksesse.

Deel III ...

  

Š 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

© 2006 Roekeloos.co.za   Navrae   Die maatskappy
Nuwe voorblad en inhoud elke Maandag. Ekstra inhoud elke Donderdag.
Alle regte voorbehou!