Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

Rustenburgse munisipaliteit gepak oor armes

AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deur Solidariteit gestig is, het sy regspan opdrag gegee om die Rustenburgse munisipaliteit se uitsetting van behoeftige gesinne uit munisipale huurhuise in die Rustenburgse woonbuurt Geelhoutpark, ter syde te laat stel.

Drie-en-twintig gesinne is reeds die afgelope twee maande uit hulle huise gesit, sonder dat die munisipaliteit sy wetlike plig nagekom het om alternatiewe behuising aan hierdie gesinne beskikbaar te stel. Dit, ten spyte daarvan dat die munisipaliteit met die verkryging van die aanvanklike uitsettingsbevel, onderneem het om alternatiewe bekostigbare behuising te verskaf aan diegene wat uitgesit sou word omdat hulle nie die huurgeld kon bekostig nie.

Tien van die uitgesette gesinne is slegs een uur tyd gegun om die munisipale huise te ontruim. Van hulle meubels is beskadig toe dit op die sypaadjie gegooi is. Verdere skade is kort na die uitsetting aangerig toe diť meubels, asook die weerlose vroue en kinders wat uit hulle woonplek gegooi is, op die sypaadjie aan reŽn en hael blootgestel is. Die Pretorius-gesin is byvoorbeeld uit hulle huis gesit op die dag voor hulle seun 'n eksamenvraestel by sy skool geskryf het. Die Pheko-egpaar was die enigste egpaar aan wie alternatiewe behuising gegee is, maar toe hulle by hulle nuwe huis opdaag, was dit reeds bewoon.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit 'n nasionale skande dat terwyl die owerheid die landbougemeenskap op 'n deurlopende basis valslik van onwettige en onmenslike uitsettings beskuldig, 'n owerheidsinstelling homself nou skuldig maak aan die grofste moontlike skending van behoeftige mense se verblyfreg en menswaardigheid. Dit is volgens Kriel onverskoonbaar dat die Rustenburgse munisipaliteit so kort voor die Kersseisoen geen empatie toon vir weerlose vroue en kinders wat geen ander heenkome het nie. "Om 'n uitsettingsbevel te bekom onder die valse voorwendsel dat alternatiewe behuising beskikbaar gestel sou word, is nie net oneties nie, maar ook onwettig," het Kriel bygevoeg.

Volgens Kriel sal AfriForum die hof vra om te beveel dat die behoeftige gesinne teruggeplaas word in hulle huise totdat die munisipaliteit sy belofte nakom om alternatiewe behuising aan diť gesinne te verskaf. "AfriForum kan nie toekyk hoe die owerheid wetlike regulasies rondom uitsettings misken en selektief toepas nie - almal wat deur uitsettings geraak word, moet oor dieselfde kam geskeer word," het Kriel gesÍ.



  

© 1997 - 2007, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

© 2007 Roekeloos.co.za   Navrae   Die maatskappy
Nuwe voorblad en inhoud elke Maandag. Ekstra inhoud elke Donderdag.
Alle regte voorbehou!