Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

Argief

Iron Man drink Hancock onder die tafel in
(04/07/2008)
Plainfield (Wireless Flash) - In Hancock vertolk Will Smith die rol van Hancock, 'n superhero wat te diep in die bottel kyk. Die comic book kenner John Robinson meen egter daar is talle superhero's wat Hancock onder die tafel in kan drink. Volgens Robinson is Iron Man die een met die grootste drankprobleem. Die karakter Tony Stark (Iron Man) gryp glo na die bottel by elke geleentheid wat die werk bietjie druk. Maar beide Hancock en Iron Man sal maar sukkel om bottel vas te hou by Superman. Superman se alien super-metabolisme sal hom enige down-down kompetisie laat wen. Ander karakters wat volgens Robinson moontlik alkohol misbruik is Betty Boop en Wolverine van X-Men.

Besig

Wynpersoonlikheid van die Jaar
(27/06/2008) Bruce Jack, stigter van Flagstone, is aangewys as die Wynpersoonlikheid van die Jaar tydens die eerste Financial Mail Wine Business Awards wat gisteraand by die Gallagher Estate in Johannesburg gehou is.

Clash of the Titans
(27/06/2008) Die Franse regisseur Louis Leterrier (The Incredible Hulk - 2008) is aangwys om aan die stuur te staan van die nuwe filmweergawe van Clash of the Titans. Die oorspronklike film dateer uit 1981. Destyds het die rolverdeling akteurs soos Laurence Olivier, Maggie Smith, Ursula Andress en Harry Hamlin ingesluit. Clash of the Titans vertel die verhaal van Perseus, seun van Zeus, wat verskeie take moet uitvoer om sy geliefde Andromeda te red.

Popsterre skryf treffer in 24 uur
(27/06/2008) Londen (Wireless Flash) - Glo dit of nie, een van die 80's se grootste treffers is in net 24 uur geskryf. Die 80's se tienerfliek Pretty in Pink het sy gewildheid deels te danke aan die Pop duo OMD se liedjie "If you leave".
Een van die groep se lede, Paul Humphries, vertel dat regisseur John Hughes hulle genader het om 'n liedjie te skryf wat fliekgangers se harte week sal maak. Die eerste probeerslag was egter nie op standaard nie.
Die twee word toe na Hollywood ontbied, maar met hul aankoms daar partytjie hulle deurnag tot in die vroeŽ oggendure. Die nuwe liedjie moes daardie dag nog ingelewer word. "If you leave" was die produk van die geskarrel wat gevolg het.
OMD se album Architecture & Morality & More is heruitgegee en is nou beskikbaar by musiekwinkels.



  

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

© 2008 Roekeloos.co.za   Navrae   Die maatskappy
Nuwe voorblad en inhoud elke Maandag. Ekstra inhoud elke Donderdag.
Alle regte voorbehou!