Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

Naspers, Zanu-PF en die onsigbare boeke

Lank, lank gelede was daar 'n ou omie genaamd Robert Mugabe. Oom Robert was baas van sy eie landjie, die pragtige Zimbabwe. Zimbabwe het net aan oom Robert behoort en niemand anders nie. As iemand net sou waag om sy hand uit te steek na Zimbabwe het oom Robert en sy speelgroep, die Zanu-PF, dadelik kwaad geraak. Oom Robert Mugabe was baie streng en het die stoute mense gewiks. Soms sommer so met die gespekant van die belt.

Oom Robert Mugabe was ook 'n wyse man. Hy wou 'n groot boek skryf om vir al die mense van Zimababwe te vertel van hoe wys hy is. Almal moes leer dat net oom Robert en die Zanu-PF kan weet wat goed is vir Zimbabwe.

Oom Robert het Zimbabwe se grootste bank opdrag gegee om 'n hele R3 miljoen rand te betaal aan 'n drukker om die spesiale boek te druk. Hulle vra toe vir Caxton om oom Robert se boek te druk, maar julle sal nie glo wat toe gebeur nie! In Caxton is daar toe 'n nare man met integriteit. Ja, 'n man met die naam van Frederick Van Zyl Slabbert wat sÍ "Oor my dooie liggaam, dit sal ons nie doen nie!"
Almal in die Zanu-PF was baie hartseer.

Gelukkig is oom Robert 'n baie wyse man! Hy onthou toe dadelik van 'n klomp goedige, boepens omies wat al baie mooi geleer het om nie vrae te vra nie, Naspers. Die omies kom uit 'n bond wat lank terug gevorm is. Hier het hulle geleer dat mens altyd mooi "ja" sÍ op alles wat die persoon bo jou kwytraak, nooit vrae vra nie en tog asseblief nie ooit probeer om self te dink nie. Jy moet staan in jou ry, jy moet jou hare kort sny ... en al daai dinge.
Die omies het dit selfs reggekry om 'n paar tannies baie oulik te leer jok.

Die Naspers-omies het dadelik aan die werk gespring met die druk van oom Robert se boek. Dit was egter nie lank nie of van die nare mense vind uit dat die Naspers-omies oom Robert se boek druk. Hulle skree en skree, maar die boeke was lank reeds by die Zanu-PF in Zimbabwe.

Die bose mense wou egter nie ophou met hulle geskreeu nie. Gelukkig was die Naspers-omies gewoond hieraan. Hulle het lank reeds die boeke onsigbaar gemaak. Toe die nare mense wou weet van die boeke spring die leier van Naspers, oom Hein Brand, dadelik op.
"Ons het nie geweet nie." sÍ hy.
"Iemand het tog daarna gekyk." sÍ die nare mense.
"Mens kyk nie na drukwerk nie." antwoord oom Hein vinnig.
"Wat van toe julle die digitale weergawe oopmaak?" wou die nare mense weet.
"Ons het niks gesien nie." sÍ oom Hein Brand.
"Wat van toe julle die plate op die masjiene omruil?"
"Niks nie!" "Toe die drukpers se formaat verander is?"
"Niks nie!"
"Toe al die boeke verpak is?"
"Niks nie!"
"Aha!" gil die nare mense "Iemand moes gesien het toe die 140 bakkievragte boeke weggery is!"
"Nie 'n trok nie." antwoord oom Hein kalm.
Toe begin die nare mense histeries raak. "En wat van die vliegtuie van Air Zimbabwe wat Robert Mugabe en die Zanu-PF gereŽl het om spesiaal die boeke by julle te kom haal!"
"Nooit opgekyk nie." sÍ oom Hein Brand verveeld en vat nog 'n slukkie van sy sjampanje.

Al die omies het instemmend geknik en dit was tjoepstil.

Toe begin die Naspers-omies se volgelinge ook mor. Selfs in die omies se eie koerante en webwerwe het hulle dinge begin sÍ. Oom Hein Brand het weer dadelik ingespring, almal stilgemaak en gesÍ: "Hier is 'n hele R300 000. Kom ons sÍ sommer ons raai dit is die geld wat ons hieruit gemaak het. Ons sal dit gee vir werk in Zimbabwe." En soos altyd het die volgelinge stil geraak.

Die mense van Zimbabwe kon uiteindelik oom Robert Mugabe se wyse woorde lees. En vir die wat nie wil luister nie het oom Robert en die Zanu-PF 'n breŽ belt.

Soveel onsmaaklikheid en dit net omdat die nare mense nie vir oom Robert en die goedige omies van Naspers wil luister nie en, fooi tog,

vir hulself wil probeer dink!



  

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

© 2008 Roekeloos.co.za   Navrae   Die maatskappy
Nuwe voorblad en inhoud elke Maandag. Ekstra inhoud elke Donderdag.
Alle regte voorbehou!