In 1956 is die loop van die Afrikaanse letterkunde verlê deur ´n smal bundeltjie: Jan Rabie se 21, ´n prosawerk wat vir die taal ´n waterskeiding was en sy rimpelinge dekades lank deur die Afrikaanse kultuur bly stuur het. Dit is gebou op ´n verstommende ironie: dat Rabie se werk oorspronklik in Engels geskryf en eers agterna in Afrikaans vertaal is." – André P. Brink.
Ter herdenking van die Sestiger Jan Rabie se tagtigste verjaarsdag het die uitgewer Human & Rousseau 21 nou heruitgereik, in ´n beperkte oplaag. Wat van hierdie publikasie ´n ware versamelaarsitem maak, is die feit dat 13 van die oorspronklike Engelse verhale deur André Brink opgediep is en vir die eerste keer hier verskyn – saam met die 21 Afrikaanse verhale wat in 1956 gebundel is.
Jan Rabie was, saam met Etienne Leroux, Dolf van Niekerk, André P. Brink en Chris Barnard, een van die skrywers wat as die Sestigers bekend geraak het en wat, in die laat vyftiger- en vroeë sestigerjare, vernuwende Afrikaanse literêre tekste die lig laat sien het (met 21 een van die baanbrekerswerke). Ander literêre werke van hom is onder meer Dakkamer en agterplaas (1957), Ons, die afgod (1958), Mens-alleen (1963), Eiland oor Afrika (1964), Die groot anders-maak (1964), Waar jy sterwe (1966), Ark (1977) en En oseaan (1985). Hy was getroud met die bekende kunstenaar Marjorie Wallace.
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.