’n Boekbekendstelling in die vorm van ’n openbare opvoering, die plaaslike gemeenskap wat as ’n “openbare kunswerk” dien, ’n transmissiewolk geskep deur radiouitsendings en ’n radiopiekniek op Hoffmanplein is vanjaar die vlagskipproduksie van die Program vir Innovasie en Kunstevormontwikkeling (Pika) op die Vrystaat Kunstefees.

Julia Drouhin is die skepper van A.I.R. (Altitude Immersive Radio).

Die grondslag vir die projek is die poësieboek Lost Lover deur Australiese en Suid-Afrikaanse skrywers.

’n Groep stappers in kostuums toegerus met ’n kolossale radio-ontvangstoestel sal dele uit die boek vertolk. Die gesproke teks en opnames van omgewingsgeluide, oftewel klankskap, vorm die
klankbaan vir die uitvoering.

Drouhin se werk is in galerye, kunssentrums en feeste in Europa, Brasilië en Australië aangebied en oor luggolwe en aanlyn radio’s uitgesaai.

In 2014 het sy die Giuseppe Englertprys in Switserland ontvang om ’n musiekklok-installasie en uitvoering vir die Junctionfees in 2016 in Tasmanië te skep. Sy was vroeër die medeskepper van ’n
eksperimentele en elektroakoestiese fees in Frank ryk en ’n radiofoniese dag wat met 100 kunstenaars in 56 galerye en oor radio’s oor die wêreld heen uitgevoer is

* Debuut *

Hoofkunstenaar: Julia Drouhin

Met: Nkhabu Armok, Felicia Atkinson, Lindiwe Bakaqa, Richie Cyngler, Selena De Carvalho, Rachel Edwards, Kay Da Word (Kananelo Khosi), Kevin, Mbongeni Khumalo (Dominuis Litis), Arjan Kok, Raymond Letsitsa, Maanvrou – Lunar Lady (Elzette Boucher), Busisiwe Mahlangu, Hlengiwe Mbanjwa, Eyethu Mfazwe, Mohato (Moleboheng Morakabi), Reabetswebotle Mokone (IAMLimit), Tshepo Molefe, Ayanda Msweli, Thuthukani Ndlovu, Nduk’nhleh Blu Wolf, Osiiiris (Thabo Happiness Masiza), Edith Perrenot, Toiwa Petronella (Nellah Nonkondlo Mtanenhlabathi), Bernadette Richards, Jubilee Rivombo, Nthabeleng Sekee, Louine Slater, Soil, Supermaket Flowers (Lindokuhle Maphatwana), Bontle Tau, Th’Amare (Eric Ragoabe), Lerato Tsotetsi, Tumi “Wordshifter” (Itumeleng Makgoale), Vutivi (Baloyi Sharon), Xtreme Sanity (Mercy Dhliwayo)

Digter en mede-uitgewer: Thuthukani Ndlovu
Kostuumontwerp: Pontsho Disela
Kurators: Miné Kleynhans & Angela De Jesus
Koördineerder: Palesa Segomotso
Vervaardigers: Kezia Gerber, Adriaan Meyer, Emma Porteus & Phillipa Stafford

A.I.R. (Altitude Immersive Radio)
Genre: Uitvoerende kuns
Taal: Meertalig
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: GRATIS
Plek: Die prosessie begin by Adelaide Tambo Publieke Biblioteek en eindig by Hoffmanplein op 11 Julie, 14 Julie by die ATKV boeke-oase (tent)
Datum: 11 & 14 Julie

Vrystaat Kunstefees 2018

Giuseppe Englert

A.I.R. (Altitude Immersive Radio)

Julia Drouhin
Julia Drouhin


A.I.R. (Altitude Immersive Radio)


2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar