Edward-John Bottomley neem hierdie stelling onder die loep en neem die leser op ’n reis deur ’n Suid-Afrikaanse landskap waar daar nog altyd arm wit mense (en veral arm Afrikaanse mense) was. Bottomley wys hoe Christenskap en politiek saamgespan het om die idee van “blankes” en ’n “Afrikaner-volk” te skep en sodoende armblankes van hulself te probeer red. Hy wys hoe die “gevaar” van armoede juis was dat dit die eenheid van politieke en Christelike mag sou kon breek: deur onwelkome kontak met ander rasse in Suid-Afrika se kookpot.
Met die koms van die apartheidsregering het dié denkwyse versterk en is areas soos Ruiterwacht geskep – “tuisstede” waar arm wit mense onder wakende oog van die regering kon leef. Wat armblankes interessant maak, sê Bottomley, is nie die feit dat hulle arm of wit is nie, maar die reaksie wat hulle bestaan uitlok onder dié wat die mag het.
Armblankes word 20 September 2012 vrygestel.
Armblankes / deur Edward-John Bottomley — Tafelberg, 20 September 2012. — 224 p. ; sagteband. — ISBN 9780624056430 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Armblankes, Edward-John Bottomley, Suid-Afrika
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)




Bespreking
Geen kommentaar vir “Armblankes”