Kieslys

Close


*/

08 Oktober
2017
Boeke
1697 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Die alchemis

Hierdie verhaal, skitterend in sy eenvoud, gaan oor ’n Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na ’n skat wat by die piramides begrawe is.

Langs die pad ontmoet hy ’n sigeunerin, ’n man wat homself ’n koning noem, en ’n alchemis. Hulle almal help Santiago om tydens sy soektog op koers te bly.

Niemand weet wat die skat is en of Santiago die struikelblokke langs die pad sal oorkom nie. Maar wat begin as ’n reis op soek na wêreldse goed, verander in ’n ontdekking van die skat binne-in ’n mens self.

Santiago se verhaal is ryk, inspirerend en eg menslik; dis ’n universele ode aan hoe ons drome ons kan transformeer en hoe belangrik dit is om na ons harte te luister.

Die alchemis / Paulo Coelho; vertaal deur Kobus Geldenhuys — Protea Boekhuis, 4 September 2017; sagteband. — ISBN 9781485306856

Bettie Blom,
8 Oktober 2017.
4.5




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Boeke
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Boeke
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Boeke
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
07 Januarie 2009
Boeke
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.

Onlangse kommentaar

Roekeloos
2018-07-13 18:15:56
99% van die graderings is geoutomatiseer. Daarom begin hulle laag en styg mettertyd soos nuwe data b...
Delize Smith
2018-07-13 17:54:29

2* belaglik Was tenminste 4* Enigste kritiek was teater Klank nie so goed

...
Roekeloos
2018-07-11 13:15:11
Daar is een by die Rambler's Club in Bloemfontein van 27 tot 29 Julie....

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.