Dit kan wees dat jy jou misgis, en wie weet, dalk staan jy eintlik maar net voor die grootste misterie van jou ganse lewe, maar iets … iets, weet jy, is vir altyd verby.
‘n Kameraman word wakker langs ‘n jong bloemiste wie se hande na begrafnisblomme ruik; op ‘n Karoodorp lei ‘n Britse skrywer se liefde vir woordspeletjies tot die heel verste grens; ‘n polisieman wonder oor die inhoud van ‘n beige handsak wat hy op ʼn misdaadtoneel gekry het; ‘n bejaarde vrou wag op die koper van die naaimasjien waarmee sy ‘n hele lewe aanmekaargestik het.
Rachelle Greeff is een van die akkuraatste registreerders van hierdie beslissende lewensmomente, daardie drumpel tussen dit wat verby is en die skitterende duisternis wat wag. En in verhaal ná verhaal wring sy die leser se hart presies om daardie goed wat nooit verbygaan nie.
Die naaimasjien en ander stories / Rachelle Greeff — Tafelberg, 30 September 2015; sagteband. — ISBN 9780624075493
Die naaimasjien en ander stories,
Bettie Blom,
11 Oktober 2015.
Lewer kommentaar