// jy lees ...

Boeke

Duiwelsklip: vrou-alleen tussen delwers en diamante

Hierdie boek is gebaseer op die ervarings van die oudjoernalis Mika le Killian wat in die negentigerjare ’n diamantdelwer was. ’n Jong, pasgeskeide vrou begin diamante delf in die ou Wes-Transvaal om die pot aan die kook te hou.

Skaars het Linda Louw haar voete gevind, of sy ontdek die skadukant van die diamantbedryf: ’n wêreld van smokkelary, geheimhouding en bruin koeverte vol kontant. Nóg ontnugtering wag wanneer sy by ’n delfprojek in Angola betrokke raak.

Linda sien ook hoe dié blink klippies gewone mense om haar in bedrieërs en leuenaars verander. Gierigheid dreig selfs om haar eie familie te verskeur. Te midde van dit alles moet sy die uitdagings van enkelouerskap, kleinburgerlike dorpenaars en die eerste plaasaanvalle in die distrik trotseer.

Sy leer baie gou die diamantbedryf is nie vir sissies nie.

Duiwelsklip: vrou-alleen tussen delwers en diamante

Duiwelsklip: vrou-alleen tussen delwers en diamante

Duiwelsklip: vrou-alleen tussen delwers en diamante word 10 Augustus 2012 vrygestel.

Duiwelsklip: vrou-alleen tussen delwers en diamante / deur Tafelberg, 10 Augustus 2012. — 220 p. ; sagteband. — ISBN 9780624054177 :

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Duiwelsklip: vrou-alleen tussen delwers en diamante, Mika le Killian

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Bespreking

Geen kommentaar vir “Duiwelsklip: vrou-alleen tussen delwers en diamante”

Gee jou mening