Kieslys

Close


*/

30 April
2017
Boeke
575 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Elders

In Mei 2015 reis Weg-joernalis Erns Grundling na Europa om die Camino Francés, die bekende en gewilde pelgrimstog in Spanje, op sy eie te gaan stap.

Hy is onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks. Daarby is hy volledig ontnugter deur homself, die liefde en die lewe self. Hy klim ook op die vliegtuig met ’n dringende Weg-artikel wat eers móét klaar voor hy met sy swaar rugsak in die pad mag val.

Elders vertel die verhaal van Erns se staptog van een duisend vyf en twintig kilometer oor veertig dae, wat hy sonder ’n selfoon, kamera of horlosie aangepak het. In ’n tyd wat ons almal toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning van om in die oomblik te leef.

Hy raak meer as een keer verlief, loop sy doppelgänger raak, beleef ’n reeks avonture en ontmoet kleurryke karakters, skud meer as tien kilogram af en kom tot waardevolle nuwe insigte langs hierdie eeue oue roete van innerlike transformasie.

Hierdie is ’n ongewone boek – ’n reisverhaal en memoir wat behalwe vir ’n fisieke avontuur ook ’n deernisvolle blik bied op die ewe kosbare binnereis. Erns het juis gaan stap om weg te kom van skryf. Eers met sy terugkoms sou hy besef hy het ’n storie om te vertel.

Elders / Erns Grundling — Queillerie, 3 Maart 2017; sagteband. — ISBN 9780795801341

Elders,
Bettie Blom,
30 April 2017.

2.5




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Boeke
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Boeke
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
15 November 2005
Boeke
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Boeke
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Lena
2017-09-19 15:25:50
‘n Kosbare verhaal in gedigte vasgelê. Besonders mooi....
Gedigte van Driekie Beetge | Roekeloos
2017-09-19 08:57:22
[…] Digters […]...
Hilda Smits bekroon met Ingrid Jonker-prys vir poësie 2017 | Roekeloos
2017-09-14 13:30:29
[…] Van Hilda Smits se eerste gedigte het destyds by Roekeloos.co.za verskyn. Lees meer by Ged...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD