Ensiklopedie vir seks

Kry jou sekslewe weer op dreef met ´n ensiklopedie oor seks van Anne Hooper. Dit is vol idees, tegnieke en goeie raad en sal ´n permanente plek op jou bedkassie kry.

n Hele album se foto’s help jou om nuwe tegnieke te bemeester. Leer hoe mans en vrouens na seks kyk en hoe om die ander persoon te laat weet jy wil in die bed spring. Die boek sal jou voorstel aan soveel maniere van voorspel soos jy nooit van kon droom nie.

Die boek kyk ook na voorbehoedmiddels, gevallestudies en al die speelgoed wat jy kan bed toe neem.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar