Verkope van die Fifty Shades-trilogie deur die Britse skrywer EL James het pas die 20 miljoen-kerf in die Verenigde State verbygesteek, het sy uitgewer Woensdag gesê.
Die trilogie, wat ook as e-boeke beskikbaar is, se hoë verkoopsyfer word beskou as ‘n aanduiding van James se groot Amerikaanse aanhang.
James, wat bekend is vir die skryf van erotiese boeke, se nuutste topverkoper handel oor ‘n 21-jarige Engelse letterkundestudent en haar sadistiese miljardêr-minnaar.
Die Wall Street Journal het berig dat die Fifty Shades-boeke, waarvan die eerste boek se titel Fifty Shades of Grey is, wêreldwyd reeds meer as 31 miljoen eksemplare in die Engelse mark verkoop het.
Universal Pictures en Focus Features, wat die boek se filmregte vir $5 miljoen (sowat R41 miljoen) opgeraap het, het Maandag aangekondig dat Michael De Luca en Dana Brunetti, vervaardigers van die film The Social Network gemaak het, dié rolprent sal vervaardig.
Koop / Buy Fifty Shades of Grey >>



[...] antwoord Mike, “As gevolg van Fifty Shades of Grey ruik die Kindle al soos 50 blikkies [...]