Finish & Klaar

Selebi’s Fall from Interpol to the Underworld

Adriaan Basson se boek Finish & Klaar: Selebi’s Fall from Interpol to the Underworld is op die kortlys vir die Sunday Times Literêre-toekennings. Die boek is een van die gunstelinge vir die Sunday Times Alan Paton-toekenning vir nie-fiksie.

Na die moord van mynbaas Brett Kebble in 2005 het van Suid-Afrika se donkerste geheime op die lappe gekom – insluitend dié van Jackie Selebi. Dié Suid-Afrikaanse polisiehoof en president van Interpol het hegte bande gehad met die misdadigers wat hy veronderstel was om aan te keer.

Adriaan Basson ondersoek hoe so iets kon gebeur het en wat dit beteken vir die oppergesag van die reg in Suid-Afrika.

Skrywer: Adriaan Basson
ISBN: 9780624049395
Prys: ongeveer R 190.00
Formaat: Sagteband, 192pp

Finish & Klaar: Selebi’s Fall from Interpol to the Underworld(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply