// jy lees ...

Boeke

Herinneringe aan Parys

“Parys … die stad wat ek bo alle ander liefhet” – het André P. Brink in sy outobiografie geskryf.

Hierdie bundel bevat ’n keur uit sy destydse boeke oor Parys: Pot-Pourri (1962) en Parys-Parys: Retoer (1969).

Nadat hy in die sestigerjare in Parys gewoon het, het sy sketse en verhale oor sy ervaringe van die lewe in die Franse hoofstad eers in koerante hier en daarna in boekvorm verskyn. Sy indrukke van verskillende aspekte van die lewe in Parys is met fyn waarnemingsin geskryf.

Die toonaard wissel tussen humor en erns, tussen speels en indringend; daar is besinning en daar is satire, deernis en spot. Heerlike, leesbare stories oor hierdie gewilde wêreldstad.

Herinneringe aan Parys

Herinneringe aan Parys

Herinneringe aan Parys / deur Human & Rousseau, 5 Maart 2012. — 184 p. ; sagteband. — ISBN 9780798155786 :

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Herinneringe aan Parys, André P. Brink

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Bespreking

Een mening vir “Herinneringe aan Parys”

  1. [...] P. Brink se Herinneringe aan Parys en Mediterreense Herinneringe, ’n keur uit sy destydse boeke oor Parys en sy gunsteling Paryse en [...]

    Geskryf deur André P. Brink – Herinneringe aan Parys & Mediterreense Herinneringe « Roekeloos | 17 April 2013, 20:48

Gee jou mening