Kieslys

Close


*/

07 Januarie
2018
Boeke
1229 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Inkleur-tegnieke

Inkleurboeke vir volwassenes is steeds baie gewild en daar is eindelose opsies om van te kies en keur.

Inligting oor selfdoentegnieke wanneer dit by inkleur kom, is egter nie so volop beskikbaar nie. In hierdie boek deel inkleurkunstenaar, Monique Day-Wilde, alles van die kies van papier, potlode en ander inkleurmateriale, tot die teorie van kleur en kleurvermenging. Sy deel ook basiese en meer gevorderde tegnieke vir spesiale effekte, en wat jy dan met jou inkleurprente kan doen.

Leer oor skadutegnieke met enkele of ’n verskeidenheid kleure, afskerming, meng- en vryftegnieke, skep van tekstuur, interessante maniere om groot agtergronde te vul, byvoeging van blinkgoed, stempels met bosseleervloeistof en selfs die gebruik van potloodskaafsels. Daar skuil soveel meer agter inkleurwerk as om net tussen die lyne te hou. Terwyl daar werklik geen regte of verkeerde manier is om in te kleur nie, sal hierdie boek jou help om inkleurwerk te omskep in ’n ervaring wat sal lei tot ’n kunswerk waarop jy kan trots wees – net vir jouself, of om mee te spog by ander.

Die inhoud van die boek sluit in:
▪ die gereedskap wat jy benodig;
▪ kleur tegnieke – skadutegnieke, afskerming, afhaal van kleur, kleurvermenging, spattegnieke, potloodskaafsels, inkwerk, spesiale effekte, die gebruik van tekstuurborde;
▪ hoe om gesigte in te kleur,
▪ hare, pelse en groot agtergronde; en
▪ hoe om jou finale produk uit te stal.

Inkleur-tegnieke / Monique Day-Wilde — Metz Press, Mei 2017; 128 p. ; sagteband. — ISBN 9781928376040

Inkleur-tegnieke,
Bettie Blom,
7 Januarie 2018.

2




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Boeke
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Boeke
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Boeke
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
07 Januarie 2009
Boeke
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.

Onlangse kommentaar

Roekeloos
2018-07-13 18:15:56
99% van die graderings is geoutomatiseer. Daarom begin hulle laag en styg mettertyd soos nuwe data b...
Delize Smith
2018-07-13 17:54:29

2* belaglik Was tenminste 4* Enigste kritiek was teater Klank nie so goed

...
Roekeloos
2018-07-11 13:15:11
Daar is een by die Rambler's Club in Bloemfontein van 27 tot 29 Julie....

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.