Kieslys

Close


*/

25 Junie
2017
Boeke
343 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog

Jan Smuts, een van die bekendste Suid-Afrikaners van die twintigste eeu, bly ‘n omstrede figuur.

Was hy een van die uitstaande staatsmanne van sy tyd of dalk ‘n verraaier van Afrikanerbelange en moontlik ‘n rassis?

In hierdie boek word generaal J.C. Smuts herwaardeer. Smuts se rol as intellektueel (onder meer vader van holisme), militêre strateeg (hy het ‘n leidende rol tydens drie oorloë gespeel), politikus (vir ‘n halwe eeu in die “era van die generaals” was hy prominent) en staatsman (hy was ‘n dryfkrag agter die vorming van die Unie van Suid-Afrika, die Britse Statebond, die Volkebond en die Verenigde Nasies) word beoordeel. Altesaam 20 outeurs het help skryf.

Soos Paul Kruger aan die einde van die 19de eeu en Nelson Mandela aan die einde van die 20ste eeu, het Jan Smuts in die eerste helfte van die 20ste eeu bo sy tydgenote uitgetroon as ‘n leier van buitengewone formaat. Sy staatsmanskap is internasionaal gehuldig. Tog het die NP- en ANC-regerings sy bydraes vir dekades lank onderspeel, omdat dit nie hul Afrikaner- en swart nasionalistiese weergawes van die Suid-Afrikaanse geskiedenis onderskraag het nie. Dit was hoofsaaklik Engelssprekende skrywers, Suid-Afrikaners en buitelanders, wat Smuts se gedagtenis in stand gehou het.

‘n Herwaardering van Smuts vanuit ‘n Afrikaanse gesigspunt sal dus ‘n leemte in die literatuur oor die geskiedenis van Suid-Afrika in die eerste helfte van die 20ste eeu vul. Vandag het ons ‘n beter perspektief op sy bydraes binne die historiese konteks van sy tyd. Nuwe getuienis wat voortdurend aan die lig kom, maak dit ook moontlik om ‘n meer ingeligte opinie te formuleer oor vrae rondom Smuts.

Prof. Kobus du Pisani is redakteur en daar was 17 medewerkers/historici.

Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog / Kobus du Pisani — Protea Boekhuis, 11 Mei 2017; sagteband. — ISBN 9781485306146

Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog

3




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Boeke
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Boeke
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Boeke
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Boeke
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

Salvator Mundi breek wêreldrekord | Roekeloos
2017-11-16 13:30:13
[…] rekord is voorheen gehou deur Pablo Picasso se “Les femmes d’Alger” (Die...
James
2017-11-11 17:51:26
Wonder...
Gedigte van Charles Grobbelaar | Roekeloos
2017-11-10 08:57:52
[…] Digters […]...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.