Roekeloos
Eet sal nooit weer dieselfde wees nie.
Opwindende kortverhale wat die verplasing en gemoedstoestand van karakters in verskillende stede in Europa en Afrika onder die vergrootglas plaas.
Die titel Maal dui op die manier waarop karakters verslinger word deur lewenservaringe soos migrasie, ongesteldheid, familie-intriges en dood. Maal sinspeel ook op die woord “mal”, ʼn term wat in die bundel op figuurlike wyse na een of meer van die karaktertrekke van die individue verwys – en na die lewe self.
’n Besonder sterk debuut.
Skrywer: Nicole Jaekel Strauss
ISBN: 9780795800177
Prys: ongeveer R 175.00
Formaat: Sagteband, 192pp
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)