Nuwe gratis motorwoordeboek gereed

Motorwoordeboek
Motorwoordeboek
’n Belangrike deel van Roekeloos.co.za is die gratis hulpbronne en skakels na soortgelyke hulpbronne. Die woordeboeke en woordelyste op die werf is baie gewild.

’n Kort motorwoordeboek is deel van hierdie lys en is vandeesweek afgehandel. Mens is geneig om te dink dat Afrikaanse motorterme moeilik is om te verstaan, maar volgens diegene in die motorbedryf is die Afrikaanse weergawe gewoonlik baie beskrywend.

Besoek die nuwe Motorwoordeboek >>

Ps. Die eerste motorwoordeboek in Afrikaans het in 1935 verskyn. ’n Baie volledige motorwoordeboek is in 1973 deur die destydse Spoorwegtaalburo opgestel.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar