Kieslys

Close


*/

25 Mei
2018
Boeke
246 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Ons gaan Roth mis

Hy het ’n barshou geskryf; ’n vooraanstaande figuur van 20ste eeuse literatuur. Dikwels roekeloos en vol aweregse humor. Wenner van beide die Pulitzer- en Man Booker Internasionale-prys. Hy is vroeër die week oorlede. Philip Roth was 85 jaar oud.

In sy 60’s, wanneer meeste van ons lui raak, het Roth ’n uitsonderlike reeks historiese romans geskryf. Onder andere die uitstekende American Pastoral (1997), waarvoor hy die Pulitzer ontvang het.

Vir die briljante en eksplisiete Portnoy’s Complaint (1969) het hy niks ontvang nie. Ironies is dit die werk wat jy gereeld vind op lyste wat die beste Engelse literatuur probeer uitwys. Alexander Portnoy was seker sy tyd vooruit. Soos baie tienerseuns behep met seks. Sy dagdrome vol seks met vrouens wat nie van sy geloof was nie; en dan moes sy bofbal-handskoen geduldig instaan. Soms selfs die aandete. So gereeld dat jy ’n leser wat so nou en dan koes nie kan kwalik neem nie.

Die lesers van die wêreld gaan Roth mis.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Boeke
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Boeke
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Boeke
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Boeke
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

Zenzi Makeba Lee & Amanda Tiffin | Roekeloos
2018-05-31 13:32:27
[…] meer inligting oor Zenzi Makeba Lee Zenzi Makeba Lee & Amanda Tiffin Genre: Jazz Taal...
Stoffel: die beste stories | Roekeloos
2018-05-30 14:35:38
[…] (2004), Stoffel se veldnotas (2007), Stoffel in Afrika (2010), Stoffel op safari (2012) en...
Anja Louw
2018-05-29 16:54:12
Ek wil net graag weet wat het jou geinspireer om hierdie gedigte te skryf?...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.