Hierdie is ‘n heruitgawe van ’n plesierige boekie wat die eerste keer in 1973 deur Buren gepubliseer is.
Oom Kootjie Emmer is Lykbesorger en Nagwadrywer op Witgatworteldraai.
Humoristiese anekdotes oor Oom Kootjie en sy dorp se mense: Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, oom Sagrys Noodskoot en oom Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjies Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-toe, noem maar op. Maar dit bly in die eerste plek die verhaal van oom Kootjie self, van sy sloerstaking en sy geheime wapen, sy Uitwaartse Beweging en sy Volksfees. Hoe hy uiteindelik burgemeester word en vooruitgang bewerkstellig.
Oom Kootjie Emmer is André P. Brink se maaksel.
Die boek word in Maart 2010 vrygestel.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
29 Januarie 2010
Verwante artikels:





Bespreking
Geen kommentaar vir “Oom Kootjie Emmer”