Op die toneel is ’n veertigtal stories deur een van Afrikaans se gewildste skrywers.
“Die mens is die storie, die storie is die mens,” het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gesê. En soos by sy eerste twee bundels, Uit die binneland en Anderkant die scrap, gee sy jongste versameling stories weer ’n deernisvolle blik op ménse: gewone mense en al hul dinge, mense in dorpe en stede en afgeleë streke.
Dít is baasverteller en veelbekroonde joernalis Dana Snyman se geheim, sy respek vir en simpatie met mense. En die gevoel van hoop waarmee sy stories die leser laat.

Boeke van Dana Snyman steeds in druk:
Op die agterpaaie, Tafelberg (2008)
Uit die binneland, Human & Rousseau (2005)
Anderkant die scrap, Human & Rousseau (1999)
08 November 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
