// jy lees ...

Boeke

Op pad met Mandela: 15 lewenslesse

As medeskrywer van Nelson Mandela se biografie het joernalis Richard Stengel ure in Madiba se geselskap deurgebring. Drie jaar lank het hy hom bykans oral heen vergesel – selfs onder die mees senutergende omstandighede. Op pad met Mandela: 15 lewenslesse is sy manier om hierdie ervaring met ander te deel.

Dié Afrikaanse uitgawe van Mandela’s Way bied ook aan Afrikaanse lesers ’n nadere blik op dié merkwaardige man, wat deur mense wêreldwyd as ’n lewende legende beskou word.

Die lewenswysheid wat Madiba uit sy grootste uitdagings geput het, word hier in vyftien lesse oor die liefde, die lewe en leierskap vervat: waarom dit belangrik is om jou teenstanders fyn dop te hou, waarom waagmoed nie noodwendig ’n gebrek aan vrees beteken nie, en hoekom dit belangrik is om dinge in die lewe te vind waaruit jy plesier en vervulling kan put.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Op pad met Mandela: 15 lewenslesse

Op pad met Mandela: 15 lewenslesse

23 Januarie 2010


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.