Omdat Solet Scheeres se kinders hul Suid-Afrikaanse oumas net ’n paar weke per jaar sien, het sy besluit om ’n boek te skryf waarin ouma haar lewensverhaal kan vertel. Ons oumas het immers dinge deurgemaak wat ons kinders nooit sal beleef nie. Uiteindelik, nadat sy die boek vol geskryf het, kry ouma se kleinkind dit terug om die kosbare stuk familiegeskiedenis vir die nageslag te bewaar.
Ouma vul vrae in die volgende afdelings in:
1. Ouma se storie
2. Hok toe! Ouma se skooldae
3. Herinneringe uit toeka se dae
4. Vrotsige vryers en ’n trousseaukis
5. Huis opsit en moederskap
6. Ouma se plek in die geskiedenis
7. Ouma se reisavonture
8. Ouma se wense en wyshede
’n Boek vol met Ouma se mooiste herinneringe – om vir altyd te onthou.
♦♦♦
Ouma se storie / deur Solet Scheeres — Human & Rousseau, 15 November 2012. — 128 p. ; sagteband. — ISBN 9780798156097 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Ouma se storie, Solet Scheeres, Anneline Kriel, Zola Budd, Chris Barnard




Bespreking
Geen kommentaar vir “Ouma se storie”