Kieslys

Close


*/

09 Mei
2016
Boeke Kuns & Ontwerp
2019 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Rame by dosyne


Dié boek bied jou alles wat jy nodig het om treffende kreatiewe rame vir jou hele huis te maak.

Hierdie boek is nie ’n selfdoengids oor tradisionele raamwerk nie – dit is propvol oorspronklike idees en wys jou hoe om ou rame te vernuwe, te herwin en te hergebruik en hoe om kaal rame te tooi sodat jy jou foto’s, prente en ander items op hul mooiste kan vertoon.

Die boek fokus op maklike en ongewone rame wat in en om die huis gebruik kan word, vir enigiets van miniatuurparfuumbottels tot ’n groot swartbord vir ’n kinderkamer. Dit bevat aanwysings vir baie basiese raamkonstruksie, asook hope inligting oor afwerkingstegnieke vir kaal rame en maniere om ou rame nuwe lewe te gee.

Die boek spoor jou aan om anders na rame te kyk en verder as hout en verstekhoeke te gaan. Leer om rame te maak met polistireenkroonlyste, polimeerklei, tydskrifblaaie, afvalstukkies leer, karton en watteersel, draad, lap, liniale, ’n ou fietsband en ander vondste en te versier met uiteenlopende materiaal soos gebruikte seesakkies en goudblad. Daar is ook rame wat funksioneel sowel as dekoratief is en kan dien as organiseerders vir enigiets van serpe tot notas en memos.

Rame by dosyne

Rame by dosyne

Praktiese wenke en stap-vir-stap-foto’s word aangevul deur pragtige kleurfoto’s van meer as 60 voltooide rame.

Rame by dosyne / Fransie Snyman — Metz Press, April 2016; 128 p. ; sagteband. — ISBN 9781928201731

Rame by dosyne,
Bettie Blom,
8 Mei 2016.

2




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke, Kuns & Ontwerp
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Boeke, Kuns & Ontwerp
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Boeke, Kuns & Ontwerp
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Boeke, Kuns & Ontwerp
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Boeke, Kuns & Ontwerp
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Stroomop nou op DVD | Roekeloos
2018-11-10 08:00:33
[…] opwindende avontuurverhaal, Stroomop (Ivan Botha se regisseursdebuut) wat deur 116 999 kyk...
Oesjaar | Roekeloos
2018-11-08 08:23:33
[…] Leeuspruit (2002), Diepverlange (2007), Onderweg (2011), Ligjare (2013), Doep Is Nie Dood ...
Bloed, dunner as water | Roekeloos
2018-11-07 13:58:12
[…] word familiebande so totaal verbreek? Joernalis Charné Kemp, topverkoperskrywer van...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.