Sirkel van Noodlot

Sirkel van Noodlot speel af teen die agtergrond van internasionele misdaadsindikate wat fokus op mensehandel.

Tamara Brink is ’n joernalis wat veral sekskartels ondersoek. Oorspronklik van Suid-Afrika, werk sy nou vir ’n onafhanklike Britse tydskrif. Haar ondersoek lei haar na Thailand. In ’n Bangkok-bordeel ontmoet sy ’n meisie van Suid-Afrika wat as ’n seksslaaf werk. Dit bring ’n kettingreaksie mee met verreikende gevolge vir almal. Tamara keer terug na haar geboorteland om haar ondersoek voort te sit. Nie net is sy steeds in die visier van gewetenlose internasionele skurke nie, maar ’n senutergende liefdesdriehoek ontwikkel, en sy is vasgevang in die middel daarvan.

Sirkel van Noodlot / ST Potgieter — Naledi — ISBN 9780928316032

Sirkel van Noodlot,
Bettie Blom,
7 Augustus 2016.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar