// jy lees ...

Boeke

Sokker: alles wat jy wil weet maar te skaam is om te vra

Sokker is een van die magtigste fenomene op aarde – of jy dit in terme van geld, passie of aanhang meet.

Hierdie boek is geskep om al daardie dormante Suid-Afrikaanse passie op te roep vir 2010: ’n inleiding tot die sport, ’n gids tydens en ’n aandenking van 2010 FIFA-wêreldbeker en ’n handige verwysingsgids vir daarna.

Sokker: alles wat jy wil weet maar te skaam is om te vra is in ’n tong-in-die-kies-gesels-trant geskryf en bevat vermaaklike illustrasies en foto’s.

Die boek stel die geskiedenis en die spelers bekend, asook die reëls, posisies en formasies. Dit gee ’n lughartige oorsig van al die dinge wat sokker in die nuus hou – die astronomiese salarisse, omstrede doele en die vroue agter die superster-spelers.

En natuurlik is daar ’n hele hoofstuk oor Bafana Bafana en waar dié naam vandaan kom. Ingesluit is ’n 16-bladsy aktiwiteitsboek vir kinders (of hulle ouers) wat uitgehaal kan word.

Sokker: alles wat jy wil weet maar te skaam is om te vra

Sokker: alles wat jy wil weet maar te skaam is om te vra

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

8 Desember 2009

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Sokker
  2. Goed om te weet – dié feiteboek vir ingeligte Suid-Afrikaners
  3. Sokker in Suid-Afrika
  4. Weg van alles
  5. Cutt Glas Alles van die beste

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site