Kieslys

Close



14 Januarie
2012
Boeke
15 keer gelees

Stoffel op Safari

Vertelkuns soos dié van Christiaan Bakkes is skaars in Afrikaans.

Sy nuutste bundel – reeds die sesde in die Stoffel-reeks – omvat weer eens ’n veelheid fasette van sy lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland.

Daar is boeiende diereverhale en hartverskeurende hondeverhale. Daar is die stories van gewone mense sowel as skatryk safarikliënte. Daar is soldateverhale en ’n eenmanrebellie. Daar is boeke, musiek en stukkies geskiedenis uit Afrika, Amerika en Europa. Daar is die navorsingswerk van sy vrou Nina en die avonture van sekerlik die dapperste Jack Russell ooit, Tier met die tien lewens.

Sedert die vorige Stoffel-bundel het veral een onderwerp in bewaringskringe op die voorgrond getree: renosterstropery. Bakkes spreek dit aan in drie verhale – insigryk, oorwoë én met humor.

’n Verhaal soos “Grense” toon by uitstek hoe hierdie skrywer nie bloot reis- of avontuurvertellings weergee nie, maar dat sy werk transendeer na iets meer, na die diepere betekenis van die ragfyn netwerk van verbintenisse waaruit ons lewe op hierdie planeet bestaan.

Koop / Buy Stoffel op Safari >>

Stoffel op Safari

Stoffel op Safari

Stoffel op Safari / deur Christiaan BakkesHuman & Rousseau, 2011. — 160 p. ; sagteband. — ISBN 9780798156233 : R 175.00

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)




Gee jou mening







Gewilde onderwerpe

08 November 2012
Boeke
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
23 Desember 2016
Boeke
Hy glo
Koos het al jare die kafee op die hoek toe hy op ’n dag ’n donderende stem uit die hoogte hoor wat sê: “Koos, verkoop die kafee!”
27 Desember 2016
Boeke
Merelle
Fabien Merelle se werk is gelyktydig absurd, humoristies, ironies en wreed. Hy weef sy eie tapisserie van verhale en legendes waarin hy die grens tussen realiteit en fantasie vervaag.
25 Desember 2016
Boeke
Krismis hings
Mêrrie Krismis!
06 Januarie 2017
Boeke
Tupperware party
“Kom Jannie,” sê sy pa “ons gaan takeaways kry. Jou ma is nie vanaand by die huis nie.”

Onlangse kommentaar

Roekeloos
2017-01-20 10:48:06
Jy kan by http://www.pharos.co.za/ hoor of hulle dit nog uitgee....
celldict
2017-01-19 16:43:09
Ek sal bitter graag die Bowline Afrikaans-Engels CD wil koop, asb....
Die beste kinderflieks | Roekeloos
2017-01-17 14:21:54
[…] Finding Nemo […]...

Advertensie

 Play with Zebra Casino for the best guide to South African online casinos. Only at this site will  you find ZAR based bonuses.